Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Idees

January/February 2021
Magazine

Idees is jou nr. 1-gids tot ’n vars, moderne leefstyl. Dis vir die vrou met kreatiewe flair en ’n passie vir die lewe. Sy gee om vir haar gesin en die mense om haar en sy wys dit deur haar stempel te sit op als wat sy doen. Sy onthaal en maak huis mooi op haar eie unieke manier. Die tydskrif is ’n uitlaatklep vir vroue soos dié. Dit bied praktiese, kreatiewe inhoud wat die leser help om die alledaagse te omskep in iets baie spesiaals. Dis ’n bron van inspirasie vir handwerk, dekor, onthaal en kos. Die Idees-leser is stylvol, gesofistikeerd, modern, opgevoed, gebalanseerd, kreatief, warm, sorgsaam en passievol.

VAN DIE REDAKTEUR

Woorde wat jou elke dag inspireer

Idees

NUWE DINGE • HIER IS DIE NUUTSTE SLIM PLANNE EN PRODUKTE VIR JOU, JOU HUIS EN KOMBUIS

Woorde wat jou elke dag inspireer

BEELDSKONE BAKKERY • Dís wat ’n mens kry as ’n kunstenaar se pad kruis met ’n sjarmante voormalige bakkery wat al in die jaar 1625 gebou is: ’n lieflike woonhuis met hope karakter en spesiale hoekies om te ontdek.

LEKKER WERK! • Al hoe meer mense werk deesdae van die huis af, maar hoe rig ’n mens ’n tuiskantoor in ’n oopplanhuis in - een wat privaat én professioneel is?

Woorde wat jou elke dag inspireer

VRIES ’N VRUG! • Dié vrugte-yslollies is nét die ding om die somerhitte vas te vat. Bederf die kinders én die grootmense met hulle gunsteling-geurkombinasies.

SOMERFEES UIT DIE SEE • MAAK DIE MEESTE VAN DIE SALIGE SOMERSDAE MET EEN VAN DIÉ FABELAGTIGE SEEKOSETES WAT BOONOP MAKLIK IS OM TE MAAK.

BESTE MAATS • Hou jou breipenne en potlode mooi bymekaar in hierdie pasmaat-vissakkies.

SHIBORI-STYL • Span die Japanse shibori-kleurtegniek in om jou eie lap te kleur en dié spesiale rok vir die somer te maak.

idees-klasse • Shibori is baie soos die knoop-en-doop-kleurtegniek (tie-dye) wat in die 1960’s gewild geraak het: Materiaal word geknoop of gevou voordat dit in kleursel gedoop word. Die dele waar die knope en voue is, bly dan ongekleur. Tradisioneel is indigo kleursel gebruik, maar jy kan enige kleur gebruik wat jy wil. Daar is ’n magdom knoop- en voumetodes, maar ons wys hier net twee, albei redelik eenvoudig.

BLOM IN TURKOOIS • Hierdie oorvoutruitjie met pragtige gehekelde blomblokkies is ideaal vir die somer.

REIER OP WAG • Agnes die kordate reier is net een van twaalf Kersfeesvoëls wat jy in die boek A Partridge in a Pear Tree kan hekel. Maak een elke maand en teen Desember het jy almal.

BLOM-SAK • Geniet hierdie maklike borduurprojek om ’n strooisak te versier, net reg vir luilekker dae op die strand.

MOSSEL-BAKKIES • Versier mosselskulpe met mooi papier en bladgoud en gebruik dit by jou volgende seekosfeesmaal as sout- en peperpotjies.

VISSKOOLTJIE • Maak hierdie oulike vissies deur basiese vorms uit polimeerklei te sny en dit dan met gekleurde patroontjies te versier.

BLOMMETJIE • Laat die muur blom en almal glimlag met hierdie oulike koei-muurvaas.

BYE WELKOM • Gee die alleenloperbye in jou tuin ’n veilige plekkie van hulle eie met hierdie pragtige byehotel.

PRENTJIE-PERFEK • Kerf mooi stempels uit linoleum en gebruik dit om jou huis eksieperfeksie te orden.

KOL VIR KOL • Wanneer ons terugkyk op ons lewe, kan ons, soos in kleintyd, die stippels aan mekaar te verbind om gestalte aan gebeure en ervarings in ons verlede te gee. Die Apple-skepper Steve Jobs se ‘connecting the dots’-teorie het vir baie ’n soort lewensfilosofie geword; ’n manier om weer sin te vind en aan te beweeg.

Woorde wat jou elke dag inspireer

MAAK MOOI, EN HERHAAL • Voel jy gestres, angstig of wanhopig? Probeer een van hierdie herhalende handwerktegnieke wat jou kan help om weer te fokus.

naaldwerk • Staan tyd af aan die maak van dié spesiale...

Expand title description text
Frequency: Every other month Pages: 140 Publisher: IdeesFabriek Edition: January/February 2021

OverDrive Magazine

  • Release date: December 11, 2020

Formats

OverDrive Magazine

subjects

Crafts

Languages

Afrikaans